Tag Archives: Moedeloos wees

Die verbetering van die een wat Hom liefhet

Ons het gesien dat ‘n bron van lig en wysheid vir almal brand, maar dit moet opgemerk word.

Elkeen van ons moet in hierdie moeilike wêreld grootword en weerbaar word.

Jehovah dissiplineer dié wat hy liefhet. – Heb. 12:6.

As deel van ons opleiding dissiplineer ons liefdevolle Vader ons wanneer dit nodig is. Hy doen dit op baie maniere. Byvoorbeeld, ons lees dalk iets in die Bybel of hoor iets by die vergaderinge wat ons laat besef dat ons ons denke of dade moet verander. Of dalk gee die ouermanne vir ons die hulp wat ons nodig het. Maar dit maak nie saak hoe Jehovah ons dissiplineer nie, hy doen dit altyd uit liefde.

11 “Want ek is met jou,” sê Jehovah, “om jou te red.

Ek sal al die nasies vernietig waarheen ek jou verstrooi het,+

maar ek sal jou nie vernietig nie.+

Ek sal jou in die regte mate dissiplineer,*

en ek sal jou beslis nie ongestraf laat bly nie.”+

(Jer. 30:11).

Jehovah ondersteun ons wanneer ons deur moeilike tye gaan. Net soos ’n liefdevolle pa sy kinders ondersteun wanneer hulle deur moeilike tye gaan, ondersteun ons hemelse Vader ons gedurende moeilike tye. Hy gee ons sy heilige gees om ons te beskerm teen enigiets wat ons verhouding met hom kan beskadig.

13 As julle wat goddeloos is, dan weet hoe om goeie dinge vir julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die Vader in die hemel heilige gees gee vir dié wat hom vra!”+ (Luk. 11:13).

Jehovah help ons ook wanneer ons mismoedig is. Hy gee ons byvoorbeeld ’n wonderlike hoop. Hierdie hoop vir die toekoms help ons om deur moeilike tye te kom. Dink hieraan: Dit maak nie saak watter slegte dinge met ons gebeur nie, ons liefdevolle Vader sal enige gevolge daarvan wegvat asof dit nooit gebeur het nie. Enige probleme wat ons nou het, is net tydelik, maar die seëninge wat Jehovah gee, is vir ewig.

16 Daarom gee ons nie moed op nie, maar selfs al is die mens wat ons uiterlik is, besig om weg te teer, word die mens wat ons innerlik is, beslis van dag tot dag nuut gemaak. 17 Want die moeilike tye duur net ’n kort rukkie en is lig, maar dit lei vir ons tot ’n beloning* wat met niks vergelyk kan word nie* en wat vir ewig sal duur.+ 18 Ons hou nie ons oë op die dinge wat gesien word nie, maar op die dinge wat nie gesien word nie.+ Want die dinge wat gesien word, is tydelik, maar die dinge wat nie gesien word nie, is ewig. 2 Kor. 4:16-18.

w20.02 5 ¶14-15

Leave a comment

Filed under Afrikaanse tekste, Bezinningsteksten, Religieuze aangelegenheden