Sommer omdat iemand vandag weer gekarring het aan my vrede.
(sestien jaar later)
dit is die ding met ‘n egskeiding
dit bly jou agtervolg
en as daar kinders is
word hulle strooipoppe in die wind
en as die regsaksies verby is
en jy stadig aan jou stilte wil teug
dan kom die laaste bepaling
en die woede wat jou weer wil verslind
30 April 2016
ek wou my eers vererg
(nee, moenie laat ek nou vir myself staan en lieg nie)
ek hét my vererg
en diep geplunge na ‘n plek waarvan ek al vergeet het
anger, resentment, rooi-warm koors
nie eers die beautiful bont krabbels wat my buurvrou vir my gestuur het
kon my uitlig nie
en ek het met skaamte onthou
dat ek net nou die dag
vanaf my hoog-heilige troon vir iemand gesê het
nee man, moenie jou so ontstel nie
maar dis eers toe my eie nerwe afskuur
dat die onthou vlak kom sit
toe my kind…
View original post 339 more words