Category Archives: Geestelike sake

God se verbond en herinneringe


*

“15 sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie. 16 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”” (Genesis 9:15-16 AF83)

“Maar wanneer dit goed gaan met jou, moet jy aan my dink en moet jy my ‘n guns bewys. Jy moet my saak vir hom stel en sorg dat ek uit hierdie plek uitkom.” (Genesis 40:14 AF83)

“” (Exodus 19:6 AF83)

“”As die gesalfde priester sondig en so die volk skuldig maak, bied hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n bul sonder liggaamsgebrek as sondeoffer aan die Here aan.” (Levitikus 4:3 AF83)

“Wanneer hulle dit doen, sal Ek die beloftes wat Ek aan Jakob, aan Isak en aan Abraham gegee het, weer van krag maak. Ek sal my beloftes oor die land weer van krag maak.” (Levitikus 26:42 AF83)

“Ek sal die belofte aan hulle voorouers wat Ek voor die oë van die nasies uit Egipte laat trek het, weer van krag maak, die belofte dat Ek hulle God sal wees. Ek is die Here.”” (Levitikus 26:45 AF83)

“39 As julle die klossies sien, moet julle dink aan al my gebooie sodat julle dit onderhou en nie die sondige begeertes van julle hart en oë navolg nie. 40 Julle moet aan al my gebooie dink en hulle onderhou sodat julle aan My gewy sal wees.” (Numeri 15:39-40 AF83)

“Maar Moses en Aäron het op hulle knieë geval en gebid: “O God, God wat aan alle mense die lewe gee, sal u toorn teen die hele gemeente ontvlam as net een mens gesondig het?”” (Numeri 16:22 AF83)

“”Dan moet U, Here, God wat aan alle mense die lewe gee, iemand oor hierdie volk aanstel” (Numeri 27:16 AF83)

“”Moenie vir hulle bang wees nie. Dink net wat die Here jou God met die farao en die hele Egipte gedoen het.” (Deuteronomium 7:18 AF83)

“”Jy moet onthou hoe die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het. Hy het dit gedoen om jou nederig te laat word en om jou op die proef te stel sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy sy gebooie sal gehoorsaam of nie.” (Deuteronomium 8:2 AF83)

“Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met ‘n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog.” (Deuteronomium 8:18 AF83)

“1 ¶ “Die Levitiese priesters, die afstammelinge van Levi, sal nie tussen die Israeliete grond as besitting kry nie. Die hele Levistam sal die vuuroffers eet wat vir die Here gebring is, wat aan Hom behoort. 2 Die priesters kry nie ‘n eie grondgebied tussen hulle volksgenote nie, Levi ontvang van wat die Here self toekom. Dit is soos die Here vir hom beloof het. 3 Die priesters mag soos volg by die volk aanspraak maak op offers wat gebring word: iemand wat ‘n bees of ‘n skaap kom offer, moet vir die priester die blad, die kakebene en die pens van die dier gee; 4 jy moet vir die priester die beste deel gee van jou koringoes en jou wynoes, van jou olie-opbrengs en jou wolskeersel. 5 Die Here jou God het die Levistam uit al jou stamme uitgekies om in sy diens te staan. Levi en sy nageslag moet vir altyd aan die Naam van die Here diens lewer. 6 Wanneer ‘n Leviet uit enige van die Israelitiese stede waar hy as vreemdeling woon, na die plek toe wil kom wat die Here sal kies, 7 mag die Leviet aan die Naam van die Here sy God diens lewer soos al sy mede-Leviete wat daar in die teenwoordigheid van die Here diens doen. 8 So ‘n Leviet moet net soveel kos as die ander Leviete kry, ongeag wat hy as erfgoed besit.” 9 ¶ “Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God vir jou sal gee, moet jy nie die afskuwelike praktyke van daardie nasies aanleer nie. 10 Daar mag nie iemand by jou wees wat sy seun of dogter as offer laat verbrand nie. Daar mag nie ‘n besweerder by jou wees nie en ook nie ‘n towenaar of iemand wat voortekens lees of ‘n goëlaar 11 of ‘n slangbesweerder of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie. 12 Die Here het ‘n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen. Trouens, dit is juis oor die afskuwelike praktyke van die Kanaäniete dat die Here jou God hulle in jou belang gaan verdryf. 13 Jy moet opreg wees voor die Here jou God. 14 Hierdie nasies wat jy gaan verdryf, luister na towenaars en besweerders. Maar die Here jou God verbied jou om dit te doen.” 15 ¶ “Die Here jou God sal ‘n profeet onder jou na vore laat kom, een van jou volksgenote. Hy sal soos ek wees. Vir hom moet jy gehoorsaam. 16 Dit sal wees soos destyds toe die gemeente by Horeb bymekaargekom het en jy vir die Here jou God gesê het: ‘Ek kan nie weer ‘n keer die stem van die Here my God aanhoor en weer na die groot vuur kyk nie, want dan sterf ek.’ 17 “Toe het die Here vir my gesê: ‘Wat hulle gesê het, is reg. 18 Ek sal ‘n profeet vir hulle na vore laat kom, een van hulle volksgenote. Hy sal soos jy wees. Ek sal my woorde in sy mond gee, en hy sal vir sy volksgenote alles sê wat Ek hom beveel. 19 Ek sal self rekenskap eis van elkeen wat nie gehoorsaam is aan my woorde wat die profeet in my Naam sê nie. 20 ’n Profeet wat hom dit aanmatig om in my Naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf. Dit geld ook van ‘n profeet wat in die naam van ander gode praat.’ 21 Wanneer jy jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profeet gepraat het nie? 22 moet jy weet: as ‘n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie.”” (Deuteronomium 18:1-22 AF83)

“1 ¶ “Jy mag jou nie blind hou wanneer jy ‘n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat. 2 As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee. 3 So moet jy ook maak met ‘n donkie of ‘n kledingstuk van jou volksgenoot of enigiets anders wat wegraak en jy kry dit. Jy mag nie onverskillig staan daarteenoor nie. 4 Jy mag nie onverskillig staan teenoor ‘n donkie of ‘n bees van jou volksgenoot as jy dit sien val nie. Jy moet hom die dier help optel. 5 ¶ “’n Vrou mag nie mansklere dra nie, en ‘n man mag nie vrouensklere aantrek nie. Die Here jou God het ‘n afsku van mense wat dit doen. 6 “Wanneer jy afkom op ‘n voëlnes in ‘n boom of op die grond, en daar is kleintjies of eiers in die nes en die wyfie sit daarop, mag jy nie die wyfie saam met die kleintjies vir jou vat nie. 7 Jy mag die kleintjies vir jou vat, maar jy moet die wyfie laat wegvlieg. Dan sal dit goed gaan met jou, en sal jy ‘n lang lewe hê. 8 “Wanneer jy ‘n nuwe huis bou, moet jy ‘n reling rondom die dak aanbring sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie. 9 “Jy mag nie ‘n ander gewas in jou wingerd plant nie. As jy dit doen, sal die opbrengs van die gewas, sowel as die druiweoes die tempel toekom. 10 “Jy mag nie ‘n bees en ‘n donkie saam voor ‘n ploeg inspan nie. 11 “Jy mag nie ‘n kledingstuk dra wat van twee soorte materiaal, wol en linne, gemaak is nie. 12 “Jy moet klossies vaswerk aan al die some van jou klere. 13 ¶ “Wanneer ‘n man ‘n vrou trou, kan dit gebeur dat hy ‘n afkeer kry van haar nadat hy met haar gemeenskap gehad het 14 en haar van slegte gedrag beskuldig en haar ‘n slegte naam laat kry deurdat hy sê: ‘Ek het hierdie vrou getrou en met haar gemeenskap gehad, maar ek het nie enige tekens dat sy ‘n maagd was, by haar gevind nie.’ 15 Dan moet haar pa en haar ma die tekens dat sy ‘n maagd was, na die leiers van die stad toe bring in die stadspoort 16 en dan moet haar pa vir hulle sê: ‘Ek het my dogter met hierdie man laat trou en nou haat hy haar. 17 Hy beskuldig haar van slegte gedrag deurdat hy sê hy het nie enige tekens dat sy ‘n maagd was, by haar gevind nie. Maar hier is die tekens dat my dogter ‘n maagd was.’ Dan moet haar pa haar nagklere vir die leiers van die stad wys. 18 Hulle moet die man dan met ‘n sweep slaan 19 en hom met elf honderd en veertig gram silwer beboet. Hulle moet die geld vir haar pa gee omdat die man haar, ‘n maagd van Israel, ‘n slegte naam laat kry het. Sy sal ook die man se vrou bly. Hy mag nooit van haar skei nie. 20 Maar as die man die waarheid gepraat het, en daar nie enige tekens dat sy ‘n maagd was by haar gevind is nie, 21 moet hulle haar by die deur van haar pa se huis laat uitkom en die mans van die stad moet haar daar met klippe doodgooi. Sy moet sterf omdat sy ‘n ongehoorde ding in Israel gedoen het deurdat sy met ‘n man geslagsgemeenskap gehad het terwyl sy nog ongetroud was. So moet jy hierdie soort kwaad tussen julle uitroei. 22 “Wanneer ‘n man betrap word terwyl hy gemeenskap het met ‘n ander man se vrou, moet die man en die vrou wat gemeenskap gehad het, altwee doodgemaak word. So moet jy hierdie soort kwaad tussen die Israeliete uitroei. 23 “Wanneer ‘n man ‘n verloofde meisie in die stad raakloop en met haar gemeenskap het, 24 moet jy altwee na die stadspoort toe uitbring en met klippe doodgooi. Hulle moet sterf: die meisie omdat sy nie in die stad om hulp geroep het nie en die man omdat hy die verloofde van sy volksgenoot onteer het. So moet jy hierdie soort kwaad tussen julle uitroei. 25 Maar as ‘n man ‘n verloofde meisie in die veld raakloop en haar oorweldig en met haar gemeenskap het, moet net die man sterf. 26 Die meisie moet ongestraf bly. Sy het niks gedoen wat die dood verdien nie, want in haar geval is dit soos wanneer ‘n man iemand gryp en vermoor. 27 Die verloofde meisie is in die veld raakgeloop, en sy het om hulp geroep, maar daar was niemand om haar te help nie. 28 “Wanneer ‘n man ‘n meisie wat nie verloof is nie, raakloop en haar gryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap, 29 moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, vyf honderd en sewentig gram silwer aan haar pa gee en met haar trou. Hy het haar onteer en daarom mag hy nooit van haar skei nie. 30 “’n Seun mag nie met sy pa se vrou trou nie. ‘n Seun mag nie gemeenskap hê met ‘n vrou wat aan sy pa behoort nie.”” (Deuteronomium 22:1-30 AF83)

“Jy moet onthou wat die Here jou God vir Mirjam aangedoen het toe julle uit Egipte weggetrek het.” (Deuteronomium 24:9 AF83)

“Dink aan die dae lank verby, onthou die jare van die voorgeslagte. Vra jou pa dat hy jou vertel, jou oumense dat hulle jou dit sê.” (Deuteronomium 32:7 AF83)

“”Julle onthou die woorde van Moses die dienaar van die Here. Hy het vir julle gesê: ‘Die Here julle God sal vir julle ‘n vaste woonplek gee; Hy sal julle hierdie gebied gee.’” (Josua 1:13 AF83)

“Ek het saam met die gebiede van al die nasies wat ek uitgeroei het, ook dié van die nasies wat nog oorbly, as eiendom aan julle stamme toegeken: van die Jordaan af tot by die Groot See in die weste.” (Josua 23:4 AF83)

“en die Here hulle God vergeet deur wie hulle gered is uit die mag van hulle vyande rondom hulle.” (Rigters 8:34 AF83)

“En wat die saak betref waaroor ek en jy gepraat het: onthou, die Here is vir altyd getuie daarvan.”” (1 Samuel 20:23 AF83)

“Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,” (1 Kronieke 16:12 AF83)

“Here God, hou u gesalfde onder u sorg. Dink aan wat U toegesê het aan u dienaar Dawid.”” (2 Kronieke 6:42 AF83)

“Daarna, toe ek agterkom dit is nodig, het ek die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk toegespreek: “Moenie vir hulle bang wees nie. Dink aan die Here, groot en ontsagwekkend, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vrouens en julle huise.”” (Nehemia 4:14 AF83)

“Dink daaraan, o God, dat my lewe maar net ‘n asempie is; ek sal nooit weer voorspoed beleef nie.” (Job 7:7 AF83)

“Dink daaraan dat U my soos klei gevorm het. Gaan U my nou weer stof laat word?” (Job 10:9 AF83)

“As U my maar liewer in die doderyk wou wegsteek, my daar wou hou tot u toorn afgekoel het, as U maar liewer ‘n tyd vir my wou vasstel en dan weer aan my wou dink!” (Job 14:13 AF83)

“Dink liewer daaraan om sy werk te roem, sy werk wat deur mense besing moet word.” (Job 36:24 AF83)

“(22:28) Mense oor die hele wêreld sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer. Alle volke sal Hom as koning erken,” (Psalms 22:27 AF83)

“Dink aan die liefde en trou, Here, wat U van altyd af betoon het.” (Psalms 25:6 AF83)

“Dink tog aan u gemeente wat U lank gelede u eiendom gemaak het, die volk wat U vir Uself as besitting verkry het, Sionsberg waarop U gewoon het!” (Psalms 74:2 AF83)

“3 (77:4) Ek dink aan God en ek sug, ek dink na en ek is verslae. Sela 4 (77:5) U laat my wakker lê, ontsteld en sprakeloos. 5 (77:6) Ek dink aan vroeër dae, aan jare lank gelede. 6 (77:7) As ek so in die nag lê en terugdink en peins, vra ek my af: 7 (77:8) “Sal die Here vir altyd verstoot en nooit weer genade betoon nie? 8 (77:9) Het daar vir altyd ‘n einde gekom aan sy trou? Geld sy beloftes dan glad nie meer nie? 9 (77:10) Het God vergeet om medelye te hê? Het Hy in sy toorn sy ontferming onttrek?” Sela 10 (77:11) En ek sê: “My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.” 11 ¶ (77:12) Ek wil dink aan die dade van die Here, ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër. 12 (77:13) Ek wil nadink oor al u werk en oor al u dade peins. 13 (77:14) Alles wat U doen, is heilig, o God. Waar is ‘n god so groot soos God? 14 (77:15) U is die God wat wonderdade doen; U het u mag onder die volke geopenbaar.” (Psalms 77:3-14 AF83)

“Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,” (Psalms 105:5 AF83)

“Dink aan my, Here, in u liefde vir u volk, sluit my ook in by u redding,” (Psalms 106:4 AF83)

“Ons voorvaders het in Egipte nie ag geslaan op u magtige dade nie, hulle het nie gedink aan al u dade van trou nie, hulle het teen U in verset gekom by die Rietsee.” (Psalms 106:7 AF83)

“Ek onderhou u bepalings van altyd af, Here: dit gee my vertroue.” (Psalms 119:52 AF83)

“1 ¶ Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2 daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant, ‘n tyd om plante uit te trek, 3 ’n tyd om ‘n lewe te neem, ‘n tyd om ‘n lewe te red, ‘n tyd om af te breek, ‘n tyd om te bou, 4 ’n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans, 5 ’n tyd om klippe weg te gooi, ‘n tyd om hulle bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels, ‘n tyd om weg te bly van omhelsing af, 6 ’n tyd om aan te skaf, ‘n tyd om te laat wegraak, ‘n tyd om te spaar, ‘n tyd om weg te gooi, 7 ’n tyd om te skeur, ‘n tyd om toe te werk, ‘n tyd om stil te bly, ‘n tyd om te praat, 8 ’n tyd om lief te hê, ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog, ‘n tyd vir vrede. 9 Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?” (Prediker 3:1-9 AF83)

“Dink aan jou Skepper in jou jong dae voor die swaar dae kom, die jare aanbreek waarvan jy sal sê: “Ek het daar niks aan nie.”” (Prediker 12:1 AF83)

“8 Dink hieraan en luister, neem dit ter harte, julle oortreders. 9 Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie.” (Jesaja 46:8-9 AF83)

“Gaan roep hierdie woorde uit sodat elkeen in Jerusalem dit kan hoor. So sê die Here: Ek onthou nog hoe getrou jy aan My was in jou jeug; hoe lief jy My gehad het toe jy my bruid geword het, toe jy My die woestyn in gevolg het, in ‘n wêreld waar niks geplant word nie.” (Jeremia 2:2 AF83)

“’n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie.” (Jeremia 31:34 AF83)

“”Het die Here nie juis gedink aan die wierookoffers wat julle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem gebring het nie, julle en julle voorvaders, julle konings en julle amptenare, het Hy nie juis dít in ag geneem nie?” (Jeremia 44:21 AF83)

“Julle wat aan die swaard ontkom het, gee pad, moenie staan nie! Dink daar uit die verte aan die Here, hou Jerusalem in gedagte.” (Jeremia 51:50 AF83)

“Slaan tog ag op wat oor ons gekom het, Here, kyk tog en sien self hoe ons verneder is.” (Klaagliedere 5:1 AF83)

“60 ¶ Maar Ek sal die verbond weer laat geld wat Ek met jou in jou jeug gesluit het en Ek sal dit altyd in stand hou. 61 Jy sal dink aan jou gedrag en jou skaam wanneer Ek jou susters vat, die een ouer as jy en die een jonger as jy, en hulle vir jou as dogters gee, al sal hulle nie deel in my verbond met jou nie. 62 Ek sal my verbond met jou in stand hou, en jy sal besef dat Ek die Here is. 63 Jy sal daaraan dink en jou skaam. Jy sal van skaamte nie weer jou mond oopmaak nie, want Ek gaan My met jou versoen ten spyte van alles wat jy gedoen het,” sê die Here my God.” (Esegiel 16:60-63 AF83)

“Hulle dink nie eens daaraan dat Ek al hulle sonde ken nie. Nou het hulle optrede hulle ingehaal, dit lê oop en bloot voor My.” (Hosea 7:2 AF83)

“Hulle bring offers om hulle self te bevredig, hulle bring vleis sodat hulle dit self kan eet! Sulke offers is nie vir My, die Here, aanneemlik nie. Ek gaan Efraim se sonde teen hulle hou en hulle laat boet vir hulle oortredings: Efraim sal na Egipte toe moet teruggaan.” (Hosea 8:13 AF83)

“Net soos in die tyd van Gibea is daar nie ‘n einde aan hulle slegte dade nie. Die Here sal hulle sonde teen hulle hou, Hy gaan hulle laat boet vir hulle oortredings.” (Hosea 9:9 AF83)

“om Hom te ontferm oor ons voorvaders en sy heilige verbond te onthou.” (Lukas 1:72 AF83)

“God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.” (1 Korinthiërs 1:9 AF83)

“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” (Romeine 8:28 AF83)

“En onder hulle is ook ons, wat Hy nie net uit die Jode nie, maar ook uit die ander nasies geroep het.” (Romeine 9:24 AF83)

“Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.” (2 Korinthiërs 9:6 AF83)

“bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus.” (1 Thessalonicense 1:3 AF83)

“want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging. Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het, en dít om julle ontwil.” (1 Thessalonicense 1:5 AF83)

“het ons julle elkeen bemoedig en aangespoor en dit op die hart gedruk om tot eer van God te lewe, Hy wat julle roep om in sy koninkryk in te gaan en so aan sy heerlikheid deel te hê.” (1 Thessalonicense 2:12 AF83)

“14 Hy het julle hiertoe geroep deur die evangelie wat ons aan julle verkondig het, sodat julle deel kan kry aan die heerlikheid van ons Here Jesus Christus. 15 Wees dan standvastig, broers, en hou vas aan die leer wat ons aan julle oorgedra het, of dit deur ons prediking of deur ‘n brief was.” (2 Thessalonicense 2:14-15 AF83)

“Oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig wees en aan hulle sondes nooit meer dink nie.”” (Hebreers 8:12 AF83)

“Dan sê Hy verder: “Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.”” (Hebreers 10:17 AF83)

“Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit.” (Efesiërs 1:11 AF83)

“soos Hy Hom van ewigheid af al voorgeneem het om dit deur Christus Jesus, ons Here, tot uitvoering te bring.” (Efesiërs 3:11 AF83)

“Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.” (1 Petrus 2:9 AF83)

“Om hierdie rede sal ek julle altyd aan hierdie dinge herinner, al weet julle dit en al staan julle reeds vas in die waarheid wat aan julle bekend gemaak is.” (2 Petrus 1:12 AF83)

“Geliefdes, dit is al die tweede brief wat ek aan julle skrywe. In albei het ek geprobeer om julle weer helder te laat dink deur julle te herinner aan” (2 Petrus 3:1 AF83)

“Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos ‘n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie.” (Openbaring 3:3 AF83)

*

 

 

Leave a comment

Filed under Aanhalings uit die Bybel, Afrikaanse tekste, Geestelike sake