Tag Archives: Nader aan God

Vir ‘n hegte verhouding met Jehovah God

Ek is lief vir Jehovah, want hy hoor my stem, my smekinge om hulp. – Ps. 116:1.

Een manier hoe jy kan wys dat jy dankbaar is vir Jehovah se liefde, is deur met hom in gebed te praat. Jou liefde vir God sal sterker word as jy vir hom vertel wat jou bekommer en vir hom dankie sê vir alles wat hy vir jou doen. En die verhouding tussen jou en Jehovah sal sterker word wanneer jy sien hoe hy jou gebede beantwoord. Jy sal daarvan oortuig wees dat hy jou verstaan.

Maar om nader aan Jehovah te kom, moet jy verstaan hoe hy dink. En jy moet weet wat hy van jou verwag. Die enigste manier hoe jy hierdie dinge sal leer, is deur sy Woord, die Bybel, te studeer. Leer om dit te waardeer.

Die waarheid omtrent Jehovah en wat hy vir jou wil hê, kan net in die Bybel gevind word. Jy wys dat jy waardering het vir die Bybel deur dit elke dag te lees, voor te berei vir jou Bybelstudie en toe te pas wat jy leer.

97 Hoe lief is ek tog vir u wet!Die hele dag lank dink ek daaroor na.*+

….

99 Ek het meer insig as al my onderrigters+ omdat ek oor u herinneringe nadink.*

(Ps. 119:97, 99)

17 Maak hulle heilig* deur middel van die waarheid.+ U woord is die waarheid.+(Joh. 17:17).

Het jy ’n skedule vir persoonlike Bybellees? Maak jy seker dat jy daardie skedule volg en elke dag jou Bybel lees?

w20.03 5 ¶8-9

 

Leave a comment

Filed under Afrikaanse tekste