Bereid om toegevingen te maak vir jouself en vir ‘n ander

Onvolmaakte mense wil dikwels nie erken dat hulle eenvoudig nie absolute gesag het nie. Graag kyk ons na ander om ons heen en draai ons onsself aan hulle. Ook wil ons dikwels met ‘n vooroordeel na ander kyk en oordeel stel oor ander. Maar laat ons eers kyk na onsself en probeer onsself goed op te bou.

Ook poog ons bes soveel moontlik insig te verwerf om aan onsself te werk maar ook om ander te help.

In Spreuke 19:11 sê die Bybel:

“Die insig van ’n mens vertraag beslis sy toorn, en dit is mooi van hom om die oortreding oor te sien.”

English: Sal Shorea robusta at Jayanti in Buxa...

Deur weer en wind, sukkel teen veel weerstand moet die mens groei deur liefdevolle volhouding, en sterk gewortel raak as ‘n stewige boom – Sal Shorea robusta at Jayanti in Buxa Tiger Reserve in Jalpaiguri district of West Bengal, India. (Photo credit: Wikipedia)

Wanneer jy nie tevrede is oor jou self moet jy nagaan waar daar iets verkeerd is gegaan met jouself. Wanneer iemand jou ontstel, moet jy probeer verstaan waarom hy of sy so opgetree het. Het daardie persoon jou doelbewus probeer seermaak? Het hy of sy dit dalk impulsief of uit onkunde gedoen? As jy toegewings maak vir ander se foute, weerspieël jy God se barmhartigheid, en dit kan help om jou toorn te vertraag.

Die apostel Paulus beskryf verskeie aspekte van liefde in 1 Korintiërs 13:4-7:

“Die liefde is lankmoedig en goedhartig. Die liefde is nie jaloers nie, dit praat nie groot nie, raak nie opgeblase nie, gedra hom nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, raak nie ergerlik nie. Dit hou nie boek van die kwaad nie. Dit is nie bly oor onregverdigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit verdra alles, glo alles, hoop alles, verduur alles.”

Die liefde kan ferm wees en ter wille van regverdigheid doen wat reg is. Sy verbly hom wanneer iemand anders ’n posisie van groter verantwoordelikheid ontvang. Dit misgun selfs nie vyande die goeie dinge wat hulle ontvang nie. Dit is vrygewig. Iemand wat liefde het, sal nie ’n ander verneder om homself beter te laat lyk nie. Hy of sy sal eerder God verheerlik en ander opreg aanmoedig en opbou (1 Tessalonisense 1:2, 3). Hy of sy sal nie spog oor wat hy gaan doen nie (Spreuke 27:1). Hy of sy sal besef dat alles wat hy doen, te danke is aan die krag wat van Jehovah af kom.—Psalm 34:2.

Nuwe Wêreld-vertaling 1 Tessalonisense 1:2, 3
Ons dank God altyd wanneer ons van julle almal melding maak in ons gebede,+ want ons dink onophoudelik aan julle getroue werk+ en julle liefdevolle arbeid en julle volharding weens julle hoop+ op ons Here Jesus Christus voor ons God en Vader.

Nuwe Wêreld-vertaling Spreuke 27:1
27 Moet jou nie op die dag van môre beroem nie,+ want jy weet nie wat ’n dag sal oplewer nie.+

Nuwe Wêreld-vertaling Psalm 34:2
In Jehovah sal my siel roem;+ Die sagmoediges sal hoor en sal bly wees.+

Die liefde in ons, vir onsself en vir die ander sal daar nie moet zijn nie om ons self te bevredig. Laat ons “soek nie sy eie belang nie”. Dit pas die beginsel toe:

“Laat elkeen aanhou om, nie sy eie voordeel nie, maar dié van die ander persoon te soek” (1 Korintiërs 10:24).

Hierdie opregte besorgdheid oor ander is een van die sterkste dryfvere agter liefde, en dit is ook een van die doeltreffendste en voordeligste dryfvere weens die resultate wat dit voortbring. Iemand wat liefde het, dring nie daarop aan dat alles op sy manier gedoen word nie (1 Korintiërs 9:22, 23). Die liefde dring ook nie op sy “regte” aan nie; dit is meer besorg oor die geestelike welsyn van die ander persoon.—Romeine 14:13, 15.

Nuwe Wêreld-vertaling Romeine 14:15
15 Want as jou broer weens voedsel bedroef gemaak word, wandel jy nie meer in ooreenstemming met die liefde nie.+ Moenie deur jou voedsel dié een vir wie Christus gesterf het, te gronde rig nie.+

Iemand wat liefde het, neem nie maklik aanstoot aan wat ander sê of doen nie. Hy is nie bang dat sy persoonlike “waardigheid” dalk geskend sal word nie. Die liefde sal nie bose beweegredes aan iemand anders toeskryf nie, maar sal geneig wees om toegewings te maak en ander die voordeel van die twyfel te gee.—Romeine 14:1, 5.

Nuwe Wêreld-vertaling Romeine 14:1
14 Verwelkom die persoon wat swakhede+ in sy geloof het, maar nie om beslissings oor innerlike+ twyfelvrae te neem nie.

Die liefde is bly saam met die waarheid selfs as dit vorige opvattings omverwerp. Dit bly by God se Woord van waarheid. Dit kies altyd kant vir wat reg is en skep geen behae in verkeerde dinge, in leuens of in enige vorm van ongeregtigheid nie, ongeag wie die slagoffer is, al is dit ’n vyand. As iets verkeerd of misleidend is, is die liefde nie bang om dit ter wille van die waarheid en van ander bloot te lê nie (Galasiërs 2:11-14). Dit sal ook eerder onreg ly as om nog ’n onreg te pleeg in ’n poging om die saak reg te stel.—Romeine 12:17, 20.

Nuwe Wêreld-vertaling Romeine 12:17
17 Moet niemand kwaad vir kwaad+ vergeld nie. Verskaf goeie dinge voor die oë van alle mense.

Iemand wat liefde het, sal nie gou wees om ander te vertel van die een wat hom veronreg het nie. As die oortreding nie te ernstig is nie, sal hy dit oor die hoof sien. Anders sal hy, indien dit van toepassing is, die riglyne volg wat Jesus in Matteus 18:15-17 aanbeveel het. As die ander persoon in so ’n geval om vergifnis vra nadat die oortreding privaat aan hom uitgewys is en hy die skade herstel, sal iemand wat liefde het, hom opreg vergewe.—Spreuke 17:9.

Nuwe Wêreld-vertaling Matteus 18:15-17
15 “En as jou broer ’n sonde begaan, gaan lê sy fout tussen jou en hom alleen bloot.+ As hy na jou luister, het jy jou broer gewen.+ 16 Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee saam met jou, sodat elke saak uit die mond van twee of drie getuies bevestig kan word.+ 17 As hy na hulle nie luister nie, praat met die gemeente. As hy selfs na die gemeente nie luister nie, laat hom vir jou net soos ’n man van die nasies+ en soos ’n belastinggaarder wees.+

Nuwe Wêreld-vertaling Spreuke 17:9
Wie die oortreding bedek, soek liefde,+ en hy wat oor ’n saak bly praat, skei dié wat vertroulik met mekaar omgaan.+

Maar steeds moet ons onsself goed ondersoek en nagaan of dit wat ons doen ook goed is. Die liefde is egter nie liggelowig nie, en dit toets alles teen die Bybel as meetsnoer (1 Johannes 4:1). Die liefde wek vertroue in getroue Christenbroers; ’n Christen sal hulle nie met agterdog bejeën of wantrou tensy daar onweerlegbare bewyse is dat hulle verkeerd is nie.—2 Korintiërs 2:3.

Nuwe Wêreld-vertaling 2 Korintiers 2:3
En daarom het ek juis dit geskryf, sodat ek, wanneer ek kom, nie bedroef sal word+ weens diegene oor wie ek my behoort te verbly nie;+ want ek het vertroue+ in julle almal dat die vreugde wat ek het, dié van julle almal is.

Empatie moet ons beweeg om toegewings vir die tekortkominge van ander te maak en hulle vryelik uit die hart te vergewe. — Ef. 4:32; Kol. 3:13.

Nuwe Wêreld-vertaling Efesiërs 4:32
32 Maar word goedhartig+ teenoor mekaar, vol tere medelye,+ en vergewe mekaar vryelik net soos God julle ook deur Christus vryelik vergewe het.+

Nuwe Wêreld-vertaling Kolossense 3:13
13 Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe+ as iemand rede tot klagte+ teen ’n ander het. Net soos Jehovah julle vryelik vergewe het,+ so moet julle ook doen.

Laat ons daarom na onsself kyk met vertroue en die Bybel as riglyn neem.

+

Vorige artikel: die seisoen draai vir my

+++

Verwante leesstof

  1. Eens in n leeftyd liefde
  2. Boek van die maand in September: Onbeteuelde liefde deur Susan Pienaar
  3. Liefde is poëzie // Poëzie is liefde
  4. Die Sin van Iets Beteken
  5. Herhaling
  6. Je bent aan het v a l l
  7. Veinzende Vrienden
  8. 234 – liefde alleen blijft
  9. Lewe na jou
  10. Wat sou wees
  11. Hoekom Vanloos op die Stofpad?
  12. Wie is VanloosOpDieStofpad.
  13. ikmisjelief
  14. Tussen liefde en haat
  15. Die Sin van Iets Beteken
  16. Susan Pienaar beantwoord ‘n paar vrae
  17. Aan en uit [3] Is het nog aan?
  18. Plan
  19. Voetstappen zonder Kaart
  20. Die Sonsopkoms
  21. Stilte
  22. Twee jaar samen ♡
  23. Net sommer so Ietsie
  24. Mid-Dag
  25. Keep on fighting
  26. Date night – bad mom & dad
  27. Queen of heartbreak

+++

1 Comment

Filed under Afrikaanse tekste, Levensstijl, Religieuze aangelegenheden

One response to “Bereid om toegevingen te maak vir jouself en vir ‘n ander

  1. Pingback: Liefde is poëzie // Poëzie is liefde | From guestwriters

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s